Voorbeeld van Gr. 11 Notas

Oefening 2.1
  Skets die volgende grafieke deur die dubbele afsnitmetode te gebruik:
1. y = x - 2                    2.   y = 5 - x                        3.   y = 2x + 7
4. y = 3x - 5                  5.   x - y + 3 = 0                  6.   3x + 4y - 5 = 0
     
     
2.1.2     Verband tussen punte.                                                                                    - AS 11.2.1, AS 11.2.3
   Bestudeer die tabel hieronder:
  
x 1 2 3 8 b
y 4 5 6 a 103
   Hoe kan jy die waarde van y bereken as jy die waarde van x ken?
   Vergelyk : 4 = 1 + 3,       5 = 2 + 3,      6 = 3 + 3
   Ons lei af dat y 3 meer is as x vir enige waarde van x – ons skryf y = x + 3
   Die verband in woorde: y is 3 meer as x OF y is gelyk aan die som van x en 3
   Die verband in simbole: y = x + 3
   Gebruik die formule nou om a en b te bereken.
   y = x + 3 :  a = 8 + 3                 103 = b + 3
                        = 11                103 - 3 = b
                                                     100 = b
   Is ons berekende waardes korrek? Ons sê die verband is: y is 3 meer as x.
   Nou: 11 is 3 meer as 8 en 103 is 3 meer as 100. Ons lei af dat ons waardes korrek is.
     
     
Oefening 2.2
1. Bestudeer die tabelle hieronder. Skryf in woorde en in simbole die verband tussen x en y
   neer en bereken dan die waardes wat deur die letters voorgestel word:
     
1.1
x 1 2 6 8 b
y 4 3 -1 a -4
     
1.2
x 1 3 6 9 d
y -4 -2 1 c 11
     
1.3
x 2 3 7 12 f
y 6 5 1 e 4
     
     
  
Bopunt van bladsy Tuisblad Graad 12 Graad 10