Voorbeeld van Gr. 10 Notas

Voorbeelde:
1. Die sylengte van ‘n vierkant is 12 mm . Bereken die
1.1 omtrek van die vierkant.
1.2 oppervlakte van die vierkant.
     
1.1 Omtrek = 4 X 1 sy . . . omtrek = som van al vier sye ( maar hulle is ewe lank )
                = 4 X 12 mm
                = 48 mm .
     
1.2 Oppervlakte = sy²
                       = 12² mm²
                       = 144 mm²
     
     
2. Die oppervlakte van ’n vierkant is 256 mm² . Bereken die
2.1 lengte van een sy.
2.2 omtrek van die vierkant.
     
2.1 Oppervlakte = sy²                OF                 A = s²
         256 cm² = sy²                            256 cm² = s²
            14 cm = 1 sy                              14 cm = s
   {NB Ons neem net die positiewe vierkantswortel want ‘n lengte kan nie negatief wees nie }
     
2.2 p = 4 X s        . . . omtrek = 4 X 1 sy ( hierbo )
      = 4 X 14 cm
      = 56 cm
  
  
Oefening 3.4
1. Die sylengte van ‘n vierkant is 13 cm. Bereken die
1.1 omtrek van die vierkant.
1.2 oppervlakte van die vierkant.
  
2. Die sitkamer in Mnr. Mekhoe se huis is in die vorm van ‘n vierkant. Die oppervlakte van
   hierdie kamer is 25 m² . Bereken die
2.1 lengte van een muur van die kamer.
2.2 omtrek van die kamer.
     
3. Die oppervlakte van ‘n vierkantige land is 40 000 m² . Die boer wil die land met
   5 drade omhein. Bereken die lengte van die draad wat hy benodig, in m.
  
  
  
Bopunt van die bladsy Tuisblad Graad 12 Graad 11